Biblioteekkatalogus

Die kaartkatalogus in die Yale Universiteit se Sterling Memorial Biblioteek
Nog 'n foto van die SML kaartkatalogus
Die kaartkatalogus in Manchester Sentrale Biblioteek

'n Biblioteekkatalogus is 'n register van alle bibliografiese items wat in 'n biblioteek of groep biblioteke voorkom, soos bv in takke van biblioteke op verskeie plekke. 'n Bibliografiese item kan enige inligtingsbron wees, bv. boeke, rekenaarlêers, grafika, modelle, kartografiese materiaal en kan as biblioteekmateriaal beskou word. Selfs 'n enkele roman in 'n bundel of 'n trilogie kan in die biblioteekkatalogus opgespoor word. Die biblioteekkatalogus is die gebruiker van die biblioteek se beginpunt om inligting in te samel.

Die kaartkatalogus was 'n bekende gesig vir biblioteekgebruikers vir baie jare, maar dit is effektief vervang deur die aanlyn openbare toegangskatalogus (OPAC). Sommige gebruikers verwys nog steeds na die aanlyn katalogus as 'n "kaartkatalogus". Sommige biblioteke met OPAC-toegang het steeds kaartkatalogusse , maar dit is nou slegs 'n sekondêre hulpbron en word selde opgedateer. Baie biblioteke wat hul fisiese kaartkatalogus behou, sal 'n kennisgewing uitstuur dat die kaartkatalogus opgedateer is. Sommige biblioteke het hul kaartkatalogus uitgefasseer ten gunste van die OPAC ten einde ruimte beskikbaar te stel wat vir 'n ander doel gebruik kan word soos bv. vir bykomende rakke. Die grootste biblioteekkatalogus ter wêreld is die WorldCat.org- unie-katalogus wat bestuur word deur die OCLC ,'n nie-winsgewende biblioteek-instelling, geleë in Dublin, Ohio. In Januarie 2016 het WorldCat.org meer as 360,000,000 katalogusrekords en meer as 2 miljard inskrywings gehad. [1]

Kaartkatalogus by Yale
  1. A global library resource.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search